Christene wat deur die Helse Horde gevange gehou word

19c `n Menigte Christene, wat deur die leër gevange gehou was, het agter die voorste afdelings aangeloop. Hulle was almal gewond.  Hulle was bewaak deur kleiner demone van Vrees.  Dit het gelyk asof daar meer gevangenes as demone in die leër was.  Verbasend genoeg het die gevangenes nog hul swaarde en skilde gehad, maar dit nie gebruik nie.  Dit was `n skok om te sien dat so baie gevange gehou kon word deur so min klein duiwel­tjies van Vrees.  As die Christene maar net hul wapens gebruik het, kon hulle hulself maklik bevry het, en waarskynlik groot skade berokken het aan die hele duiwelse horde.  In plaas daarvan het hulle net gedienstig saam gemarsjeer.

20a Bokant die gevangenes was die lug swart van die aasvoëls van Depressie.  Van tyd tot tyd sal `n aasvoël op die skouers van `n gevangene land en op hom opbring.  Die braaksel was veroordeling.  Wanneer braaksel `n gevangene tref, sal hy opstaan en vir `n rukkie `n bietjie reguiter marsjeer, maar sal dan inmekaar sak, selfs swakker as tevore.  Ek het weer gewonder waarom die gevangenes nie sommer die aasvoëls met hul swaarde dood maak nie, wat hulle maklik kon doen.

20b Van tyd tot tyd het van die swakker gevangenes gestruikel en geval.  Sodra hulle die grond tref sal die ander gevangenes hulle begin steek met hul swaarde, en hulle spot terwyl hulle dit doen.  Die aasvoëls kom dan en begin om die gevallenes lewendig op te vreet.  Die ander Christen-gevangenes sal net daar staan en dit goedkeurend betrag, en ook nog van tyd tot tyd die gevallene steek met hul swaarde.

20c Terwyl ek hierna kyk het ek besef dat die gevangenes dink dat die braaksel van veroordeling die waarheid vanaf God is.  Toe besef ek dat hierdie gevangenes dink dat hulle in werklikheid in God se leër marsjeer.  Dit is waarom hulle nie die klein demone van vrees of die aasvoëls dood maak nie – hulle het gedink hulle is bood­skappers vanaf God.  Die donkerte van die wolk van aasvoëls het dit vir die gevangenes so moeilik gemaak om te sien dat hulle naïef alles wat met hulle gebeur aanvaar as vanaf die Here.  Hulle het gemeen dat die mense wat gestruikel het onder God se oordeel was.  Dit is waarom hulle die gevalle mense aangeval het.  Hulle het gedink hulle help God.

21a Die enigste kos wat aan die gevangenes gegee was, was die aasvoëls se braaksel. Diegene wat geweier om die braaksel te eet, het eenvoudig swakker geword totdat hulle geval het.  Diegene wat dit wel geëet het, het vir `n rukkie sterker geword, maar met die krag van die bose.  Hulle het weer swakker word, tensy hulle die water van bitterheid, wat gedurig hulle aangebied was, gedrink het.  Die wat van die bitter water gedrink het, sal dan begin om op die ander op te gooi.  Wanneer `n gevangene dit begin doen, het `n demoon, wat vir `n geleentheid gewag het, op hom geklim en op hom gery tot by een van die voorste divisies.

21b Iets wat selfs aakliger was as die braaksel van die aasvoëls, was die walglike slym wat die duiwels geurineer en ontlas het op die Christene waarop hulle gery het.  Hierdie slym was die hoog­moed, selfsugtige ambisies, ensovoorts, wat die aard was van hul afdeling.  Die slym het die Christene egter soveel beter laat voel as die veroordeling dat hulle maklik geglo het dat die duiwels boodskappers van God was.  Hulle het werklik geglo dat die slym die salwing van die Heilige Gees was.

21c Die bose leër het my met soveel afsku vervul dat ek wou sterf.  Toe hoor ek die stem van die Here met my praat en sê: “Dit is die begin van die vyand se leër van die laaste dae.  Dit is Satan se uiterste misleiding.  Sy uiterste vernietigingsmag word in werking gestel wanneer hy Christene gebruik om mekaar aan te val.  Hy het hierdie leër deur die eeue heen gebruik, maar nog nooit was hy in staat om so baie mense vir sy bose oogmerke te gebruik soos nou nie.  Moenie bang wees nie.  Ek het ook `n leër.  Jy moet nou vasstaan en veg, want daar geen plek meer om weg te kruip vir hierdie oorlog nie.  Jy moet veg vir My koninkryk, vir waarheid, en vir hulle wat mislei is.”

22a Hierdie boodskap vanaf die Here het my so bemoedig dat ek dadelik begin skree het op die Christen-gevangenes dat hulle mislei word.  Ek het gedink hulle sou luister na my.  Toe ek dit doen het dit gelyk asof die hele leër omdraai om na my te kyk.  Die vrees en depressie wat hulle oordek het, het in my rigting begin spoel.  Ek het aanhou skree omdat ek gedink het dat die Christene wakker sou word en besef wat met hulle gebeur, maar in plaas daarvan het baie van hulle hul pyle geneem om my daarmee te skiet.  Die ander het geaarsel asof hulle nie seker was wat om van my te dink nie.  Ek besef toe dat ek dit te vroeg gedoen het, en dat dit `n baie dom fout was.

Die Helse Hordes is op Die Oorlogspad.

Helse Hordes op die Oorlogspad

16a Die demone se leër was geweldig groot.  Dit gestrek het sover as wat ek kon sien.  Dit was in afdelings verdeel, elkeen onder sy eie vaandel.  Die voorste afdelings het marsjeer onder die vaandels van Hoogmoed, Eiegereg­tigheid, Respektabiliteit, Selfsugtige Ambisies, Ongeregtige Oordeel en Jaloesie. Daar was baie ander bose afdelings wat te ver was om te sien, maar dié in die voorhoede van hierdie verskriklike horde uit die hel was die magtigste.  Die leier van hierdie leër was die Beskuldiger van ons Broeders self.

16b Die horde se wapens het ook name gehad.  Hul swaarde word genoem Intimidasie; hul spiese word genoem Verraad; hul pyle word genoem Beskuldiging, Skinder, Laster en Foutsoeke­righeid.  Verkenners en kleiner groepe duiwels, met name soos Verwerping, Bitter­heid, Ongeduld, Onvergewendheid en Wellus, is vooruitgestuur om vir die leër se hoofaanval voor te berei.

Johannes, die Doper

16c Daar was baie minder van hierdie kleiner groepe demone en verkenners, maar hulle was niks swakker as sommige van die groter afdelings wat na hulle gevolg het nie.  Hulle was minder vir strategiese redes.  Net soos Johannes die Doper `n enkele mens was, maar buitengewoon gesalf was om groot getalle mense te doop ter voorbereiding vir die koms van die Here, so het hierdie kleiner groepe demone buitengewone bose magte gehad om die massas te doop.  `n Enkele demoon van Bitterheid kon sy gif op menigtes saai, selfs hele rasse en volke.  `n Wellus-demoon sou homself heg aan `n bepaalde fliek- of musiekster of `n fliek of selfs `n advertensie, en iets uitskiet wat lyk soos vlae elektriese slym wat groot massas mense kon tref en “onsensitief” kon laat.  Hul enigste doel was om voor te berei vir die onheilige hordes wat na hulle gevolg het.

17a Die leër se aanslag was spesifiek teen die Kerk gerig, maar het enig­iemand aangeval wat dit kon.  Ek het geweet hul doel was om `n beweging van God, wat groot getalle mense in die kerk sou inbring, te voorkom.

17b Die belangrikste strategie van hierdie leër was om onmin te saai en om verhouding op alle vlakke te versuur; tussen gemeentes, tussen gemeentes en hul leraars, tussen egpare, tussen kinders en ouers en selfs tussen kinders.  Die verken­ners word uitgestuur om die openinge in hierdie gemeentes, families en individue op te spoor wat uitgebuit en groter gemaak kon word deur Verwerping, Bitterheid, Wellus, ens.  Dan stroom die divisies, wat agter hulle aan kom, deur die openinge en oorweldig hul slagoffers heeltemal.

17c Die skokkendste deel van hierdie visioen was dat die horde nie op perde gery het nie, maar in hoofsaak op Christene!  Die meeste van die Christene was goed geklee, en het vernaam, verfynd en geleerd gelyk, maar daar was ook mense uit elke vlak van die samelewing.  Hierdie mense het Christelike waarhede bely om hul gewetes te sus, maar hul lewens was in ooreenstemming met die magte van die duisternis.  Hoe meer hulle toegegee het aan hierdie magte, hoe groter het die demone, wat aan hul toegeken is, geword en hoe makliker kon die demone hul dade beheer.

18a Die meeste van die gelowiges het meer as een demoon gehad, maar een van hulle was altyd duidelik in beheer.  Die aard van die een wat in beheer was, het bepaal in watter afdeling dit marsjeer.  Al het al die afdelings saam marsjeer, het dit ook gelyk asof die hele leër op die drumpel van chaos was.  Die duiwels van haat het byvoorbeeld die ander duiwels gehaat net soveel as wat hulle die Christene gehaat het.  Die duiwels van jaloesie was almal op mekaar jaloers.  Die enigste manier waarop die leiers van hierdie horde kon voorkom dat die demone teen mekaar veg, was om hul haat en jaloesie te fokus op die Christene waarop hulle gery het.  Daar het egter gereeld gevegte tussen hierdie mense uitgebreek.  Ek het geweet dat dit was hoe sommige van die leërs, wat volgens die Bybel teen Israel opgestaan het, uiteindelik hulself vernietig het.  Toe hul planne teen Israel gefnuik is, was hul woede onbeheerbaar en hulle het eenvoudig teen mekaar begin veg.

18b Ek het opgemerk dat die duiwels bo-op die Christene gery het, en nie binne-in hulle was, soos wat die geval was met die nie-Christene nie.  Dit was duidelik dat die Christene net moes ophou saamstem met hul duiwels om van hulle bevry te word.  Byvoorbeeld, as `n Christen waarop `n demoon van jaloesie gery het, net begin het om die jaloesie te bevraag­teken, dan het die demoon baie vinnig swakker geword.  Wanneer dit gebeur roep die swakker-

Kwoteer Bybelverse

wordende demoon hard uit.  Die leier van die afdeling sal dan al die duiwels rondom die Christen aansê om daardie Christen aan te val totdat die bitterheid, ens. weer in hom opbou.  En as dit nie werk nie, sal die demone begin om Skrifgedeeltes te kwoteer wat verdraai word om die bitterheid, beskuldi­gings ens. te regverdig.

19a Dit was duidelik dat die mag van die duiwels bykans heeltemal op die mag van misleiding gebaseer was, maar hulle het die Christene tot so ʼn mate mislei dat hulle die Christene kon gebruik en die Christene sou dink dat hulle deur God gebruik word.  Dit het gebeur omdat amper almal vaandels van eiegeregtigheid gedra het sodat die mar­sjeerders nie eens die vaandels kon sien wat die ware aard van die afdelings aandui nie.

19b Toe ek na die agterhoede van die leër kyk, het ek die gevolg van die Be­skul­diger self gesien.  Ek het sy strategie begin verstaan en ek was verstom oor hoe eenvoudig dit was.  Hy het geweet dat `n verdeelde huis nie kan staan nie, en hierdie leër verteenwoordig `n poging om soveel verdeeld­heid in die kerk te saai dat die kerk heetemal die genade sal verbeur.  Dit was duidelik dat die enigste manier waarop hy dit kon bereik was deur om Christene te gebruik om teen hul eie broers te veg.  Dit is waarom bykans almal in die voorste linies Christene was, of dan ten minste belydende Christene.  Elke tree wat hierdie misleide gelowi­ges geneem het in gehoorsaamheid aan die Beskuldiger, het sy mag oor hulle versterk.  Dit het sy selfvertroue en die selfvertroue van sy bevelvoerders laat toeneem en die leër laat vorder en vorentoe marsjeer.  Dit was duidelik dat die mag van die leër daarvan afhang dat hierdie Christene saamgaan met die werkswyse van die bose.

Interpretasie

Die “Beskuldiger van ons Broeders” (16a) is die slang van ouds, wat ook duiwel en Satan genoem word (Op. 12:9-10).  Sy strategie is om mense, wat voorgee Christene te wees, maar lewe ooreenkomstig die beginsels van die magte van die duisternis, te gebruik om orals verdeeldheid te saai.  Satan het verreweg die grootste deel van die Christendom onder sy beheer.

Volgende: Christene wat deur die Helse Horde gevange gehou word