19c `n Menigte Christene, wat deur die leër gevange gehou was, het agter die voorste afdelings aangeloop. Hulle was almal gewond. Hulle was bewaak deur kleiner demone van Vrees. Dit het gelyk asof daar meer gevangenes as demone in die leër was. Verbasend genoeg het die gevangenes nog hul swaarde en skilde gehad, maar dit nie gebruik nie. Dit was `n skok om te sien dat so baie gevange gehou kon word deur so min klein duiweltjies van Vrees. As die Christene maar net hul wapens gebruik het, kon hulle hulself maklik bevry het, en waarskynlik groot skade berokken het aan die hele duiwelse horde. In plaas daarvan het hulle net gedienstig saam gemarsjeer.
20a Bokant die gevangenes was die lug swart van die aasvoëls van Depressie. Van tyd tot tyd sal `n aasvoël op die skouers van `n gevangene land en op hom opbring. Die braaksel was veroordeling. Wanneer braaksel `n gevangene tref, sal hy opstaan en vir `n rukkie `n bietjie reguiter marsjeer, maar sal dan inmekaar sak, selfs swakker as tevore. Ek het weer gewonder waarom die gevangenes nie sommer die aasvoëls met hul swaarde dood maak nie, wat hulle maklik kon doen.
20b Van tyd tot tyd het van die swakker gevangenes gestruikel en geval. Sodra hulle die grond tref sal die ander gevangenes hulle begin steek met hul swaarde, en hulle spot terwyl hulle dit doen. Die aasvoëls kom dan en begin om die gevallenes lewendig op te vreet. Die ander Christen-gevangenes sal net daar staan en dit goedkeurend betrag, en ook nog van tyd tot tyd die gevallene steek met hul swaarde.
20c Terwyl ek hierna kyk het ek besef dat die gevangenes dink dat die braaksel van veroordeling die waarheid vanaf God is. Toe besef ek dat hierdie gevangenes dink dat hulle in werklikheid in God se leër marsjeer. Dit is waarom hulle nie die klein demone van vrees of die aasvoëls dood maak nie – hulle het gedink hulle is boodskappers vanaf God. Die donkerte van die wolk van aasvoëls het dit vir die gevangenes so moeilik gemaak om te sien dat hulle naïef alles wat met hulle gebeur aanvaar as vanaf die Here. Hulle het gemeen dat die mense wat gestruikel het onder God se oordeel was. Dit is waarom hulle die gevalle mense aangeval het. Hulle het gedink hulle help God.
21a Die enigste kos wat aan die gevangenes gegee was, was die aasvoëls se braaksel. Diegene wat geweier om die braaksel te eet, het eenvoudig swakker geword totdat hulle geval het. Diegene wat dit wel geëet het, het vir `n rukkie sterker geword, maar met die krag van die bose. Hulle het weer swakker word, tensy hulle die water van bitterheid, wat gedurig hulle aangebied was, gedrink het. Die wat van die bitter water gedrink het, sal dan begin om op die ander op te gooi. Wanneer `n gevangene dit begin doen, het `n demoon, wat vir `n geleentheid gewag het, op hom geklim en op hom gery tot by een van die voorste divisies.
21b Iets wat selfs aakliger was as die braaksel van die aasvoëls, was die walglike slym wat die duiwels geurineer en ontlas het op die Christene waarop hulle gery het. Hierdie slym was die hoogmoed, selfsugtige ambisies, ensovoorts, wat die aard was van hul afdeling. Die slym het die Christene egter soveel beter laat voel as die veroordeling dat hulle maklik geglo het dat die duiwels boodskappers van God was. Hulle het werklik geglo dat die slym die salwing van die Heilige Gees was.
21c Die bose leër het my met soveel afsku vervul dat ek wou sterf. Toe hoor ek die stem van die Here met my praat en sê: “Dit is die begin van die vyand se leër van die laaste dae. Dit is Satan se uiterste misleiding. Sy uiterste vernietigingsmag word in werking gestel wanneer hy Christene gebruik om mekaar aan te val. Hy het hierdie leër deur die eeue heen gebruik, maar nog nooit was hy in staat om so baie mense vir sy bose oogmerke te gebruik soos nou nie. Moenie bang wees nie. Ek het ook `n leër. Jy moet nou vasstaan en veg, want daar geen plek meer om weg te kruip vir hierdie oorlog nie. Jy moet veg vir My koninkryk, vir waarheid, en vir hulle wat mislei is.”
22a Hierdie boodskap vanaf die Here het my so bemoedig dat ek dadelik begin skree het op die Christen-gevangenes dat hulle mislei word. Ek het gedink hulle sou luister na my. Toe ek dit doen het dit gelyk asof die hele leër omdraai om na my te kyk. Die vrees en depressie wat hulle oordek het, het in my rigting begin spoel. Ek het aanhou skree omdat ek gedink het dat die Christene wakker sou word en besef wat met hulle gebeur, maar in plaas daarvan het baie van hulle hul pyle geneem om my daarmee te skiet. Die ander het geaarsel asof hulle nie seker was wat om van my te dink nie. Ek besef toe dat ek dit te vroeg gedoen het, en dat dit `n baie dom fout was.